Friday, February 08, 2008

EERSTE inskrywing vir 2008!

Ek pleit skuldig - lanklaas kans (of lus) gehad om iets hier op die blog te sit! En dit terwyl die hele land wag en kyk wat gebeur op hierdie website (grappie!). Kan nie glo die eerste maand van 2008 is al iets van die verlede nie!

Hierdie jaar is die laaste jaar wat dieUniversiteit van Johannesburg my gun vir die voltooing van my Meesterstudies! Ek weet dit gaan baie inspanning, opofferring en werk kos - maar einde van hierdie moet (en wil) ek klaar wees! Die eerste hoofstuk is uiters moeilik - ek moet verduidelik presies wat ek wil bestudeer, hoe ek dit wil navors, hoekom ek dit wil navors ens ens. Dit is moeilik omdat ek nie in my voorgraadse studies enige blootstelling aan veld gekry het nie! Enige een van julle wat ook so voel? Enige iemand hier?

Soms wonder ek hoekom hierdie blog nog ooit bestaan - dink ek skryf meer vir myself as vir ander. Gee my maar n geleentheid om bietji uiting te gee aan my eie gedagtes ens. Wil nie die site toemaak nie, want dit sal wees soos om 'n vriend uit my lewe te sny...

No comments: