Thursday, October 25, 2007

ONS LEES DIE BYBEL DEUR....is jy in?

So dis hoe dit gebeur het...
Jacques en Peet praat vandag so bietjie op Google Talk oor watter boeke hulle besig is om te lees.Peet daag my uit om The Secret van Rhonda Byrne - want hy meen "lees die ding ek wed jou daars mense in jou kerk wat dit al gelees het." Ek spot sommer terug en vra of hy die Bybel lees want "ek wed jou daars mense in jou kerk wat dit al gelees het"....

Nou ja...
Ons besluit toe saam dis n goeie idee om die Bybel deur te lees - om n beter geheelprentjie oor alles te kry. Maar in plaas daarvan om dit alleen probeer reg kry gaan ons dit saam doen - saam gesels oor wat ons laat dink, watse vrae ons het, en dit wat ons ervaar terwyl ons lees. Ons poog om dit te doen oor die volgende 6 maande - en wil 1 November afskop.

Is jy game?
Laat weet ons!
Sien uit daarna om die journey saam te stap!

6 comments:

Peetman said...

Bornman!!!! Ek is in! Ek is in! Ek is in! Ek sal saam lees vir die volgende 6 maande. Kry ek n sweetie? Wat kan ek wen?

JaCqUeS BoRnMaN said...

Peetman! Jy is die vriend van wie ek praat - onthou jy nou weer! Ek het nie swiets nie, maar ek het vir jou n sterretjie!

Roger Saner said...

You're all a little crazy! Are you going to stick to one translation or flip-flop between a few?

JaCqUeS BoRnMaN said...

Die idee is dat elkeen kan lees watse vertaling hy/sy ookal wil. Ek sal teen maandag bietjie van 'n leesplan voorstel - gaan nie dit noodwendig doen van Genesis tot Openbaring...hou hierdie spasie dop!

Anonymous said...

Jacques, eks defnitief in! Wou dit al so baie gedoen het en het ook al 'n paar keer begin, maar teen die tyd wat ek hier by Konings kom en moet kophou van piet die seun van koos die seun van sarel die seun van jan dan raak ek bietjie gedemotiveerd en spring sommer onmiddelik terug na my ou bekende favourites.
Sien uit om saam te lees!

Roger Saner said...

Ja, you guys will need serious encouragement when you hit Kings...blog about it so the wider community can cheer you on! It's like a new extreme reality show: "Extreme Bible reading!"