Wednesday, June 20, 2007

'n Post-nasionalistiese spiritualiteit

Ek het vreeslik lanklaas iets geskryf op hierdie blog, en dit is nie dat daar niks in my lewe gebeur nie - maar eerder dat dinge my bietjie besig hou.

Ek skryf vandag bietjie in Afrikaans want dit is my moedertaal. Ek droom in Afrikaans, ek het lief in Afrikaans, ek dink in Afrikaans, en ek aanbid in Afrikaans. Ek vind dit opvallend dat soveel van die gesprekke wat oor die opkomende kerk en die emerging kultuur gaan geskied in middel-klas wit Engelse, en tot 'n groot mate mans. Ek besef dat ons Engels gebruik as voertaal, om sodoende dit meer toeganklik te maak vir soveel as moontlik mense.

Om bietjie in Afrikaans te skryf is dan nie om ander uit te sluit nie, maar om die wat hierdie blog lees in staat te stel om vrylik te gesels en hulle mening te lug. Dit is nie altyd maklik om onsself uit te druk in ons tweede taal nie.

Ek dink verder dat ons Afrikaans-sprekendes kan ook 'n bydrae maak tot die gesprek oor ons frustrasie met kerk, en ook hoe ons die toekoms vorentoe sien. Ons het 'n vol en ryk geskiedenis, met 'n spiritualiteit wat dikwels gekoppel was aan 'n sin van nasionalisme. Hieruit is baie van ons ook besig om te emerge en dit is nodig om met geopende oe en ore te kyk en te luister na hoe dit ons spiritualiteit beinvloed.

Kom ons gesels bietjie daaroor. Ons bevind onsself in 'n post-nasionalistiese tydperk (ok, ek weet nie of die woord bestaan nie, maar dit klink baie clever ;)

www.wikipedia.org beskryf nasionalisme as "
Nationalism, in its broadest sense, is a devotion to one's own nation and its interests over those of all other nations.[1] The term can also refer to a doctrine[2] or political movement[3] that holds that a nation—usually defined in terms of ethnicity or culture—has the right to constitute an independent or autonomous political community based on a shared history and common destiny.[4] For nationalists, the borders of the state should be congruent with the borders of the nation.[5] Extreme forms of nationalism, such as those propagated by fascist movements in the twentieth century, hold that nationality is the most important aspect of one's identity and attempt to define the nation in terms of race or genetics."

Hiermee bedoel ek dat ons as blankes ontwaak het tot die feit dat ons nie beter is as ander nie, en dat daar ander volke en taalgroepe in ons land is. Vir my gaan 'n groot nuwe wereld oop waar ek van ander kan leer hoe hulle God sien, die lewe verstaan en ons bestaan hier interpreteer. Ek het nog nie baie ondervinding hiermee nie, maar tog sien ek al die moontlikhede raak.

Is dit 'n onderwerp wat waardig is van n bespreking hier? Wat dink jy? Hoe het jou uitkyk op jou spiritualiteit verander na 1994? Wat het jy geleer? Het jy enige nuwe vrae? Wat word daardeur beinvloed?

Hoop ons kan lekker hieroor gesels!


1 comment:

Anonymous said...

Hey Jacques, soos wat die jare aanstap, begin ek besef dat mens verseker nie alles moet glo wat die meerderheid mense in die samelewing se nie. en ek sien ook, dat mens maklik enige tipe 'spin' op 'n onderwerp kan sit, dit hang net af van wat jou standpunt is.

Dalk is dit waarom mense begin vrae vra oor wat kerk essensieel is en hoe dit 'n inspraak op ons lewens behoort te maak. Hoe elimineer ons die 'spin' op die onderwerp om by die waarheid uit te kom? En veral nou met die nuwe suid afrika, hoekom word ons so verskriklik kwaad vir ander rasse as hulle dan ook kinders van God is? Vir my is dit defnitief 'n toets: hoe hanteer ek 'n ander ras met respek as dit voel of daardie mense juis die varke se peule is waarmee ek nie moet meng nie?

Ons beskerm onsself agter die verskoning dat ons nie rassiste is nie, ons oordeel maar net volgens intelligensie en bewaamheid om in 'n westerse wereld te oorleef.

Oor die algemeen wil mens net meng met mense wat soos jyself is en wat dieselfde belangstellings as jy het. Hopeloos te gemaklik om te probeer verander. Maar ek dink ook dat ons nie weet WAARIN ons moet verander nie.