Monday, March 03, 2008

Hoe ons God aanspreek....

Ek was laasweek deel van 'n Learning Community wat deur MissioNet en Ekerk aangebied is, onder leiding van Stephan Joubert. Stephan het op 'n stadium genoem dat wanneer 'n prediker die gehoor aanspreek as "u" dit dikwels afstand skep. Ons sal nooit ons vriende/eggenoot aanspreek as "u" nie!

Hy het ook vertel hoe in die duitse kultuur mense aanspreek as "u", tot albei partye voel hulle het op 'n plek gekom waar hulle die verhouding na 'n volgende vlak wil neem. Dan drink hulle saam n Scnapps en 'n bier, en begin mekaar op hulle name noem....

Ek het gewonder of die feit dat ek in my gebede God aanspreek as "U" nie dalk ook afstand tussen my en Hom bring nie. Die Bybel leer ons dat ons vriende van God is. En ja, ek weet ons spreek God aan as "U" uit respek. Maar se dit dat ek nie respek het vir my vriende as ek met hulle praat as "jy" en "jou"?

Probeer bietjie om in jou gesprekke met Jesus met Hom te praat as jou leier, jou vriend en in persoonlike terme. Maak dit 'n verskil? Hoe voel jy?