Thursday, November 01, 2007

Bybeljourney afskop!

Die eerste November het met 'n bang afgeskop! Ek kan nie glo die jaar is so ver gevorderd nie - soveel dinge om nog te doen en af te handel voor ons bietjie kan vakansie hou!

Vandag skop ons 6 maande Bybeljourney af....ek het vanoggend alreeds Genesis 1 deurgelees en dit het my bygeval dat dit blyk of die Here iewers voor die skeppingsverhaal al die aarde geskep het, en toe daarna (toe die verhaal begin) toe begin Hy eers met die skepping. Ek dink wat ek probeer se is dat die skeppings verhaal nie noodwendig vir ons n wetenskaplike verduideliking van die skepping wil gee nie, maar eerder God se involvement met die skepping wil vertel. En dit is dan seker ook moontlik dat die aarde ouer is as wat die skeppingsverhaal is....

Anyway,
Hoekom het jy besluit om hierdie journey saam met ons aan te pak?
My rede is dat dit iets is wat ek nogal altyd wou gedoen het, en ek glo dat om dit saam met ander te doen sal my motiveer om die journey end uit te loop (half soos om 'n gim partner te he!) Ek dink ook dat die Bybel geskryf is vir groepe mense, en dat wanneer ons groep dit saamlees ons kan leer bymekaar se vrae, insigte en journey....

Ek hoor graag van almal! Hierdie blog sal vir die volgende 6 maande n gereelde deurloop vir ons wees!...